Vlamme muur laat Turke in vrees

ʼn Muur van vlamme langs die suidelike gebiede van Turkye het baie inwoners paniekerig gemaak, en niemand weet wat of wie het die verskriklike brand veroorsaak nie.

Die vyfde dag dat brandbestryders veg teen die hewige vlamme, het nog geen groot verbetering gebring nie, en intussen groei die vermoede dat die brande deur sabotasie ontstaan het.

Die naweek was daar reeds vier mense wat omgekom het in die vernietigende vlamme, en dosyn wonings in plattelandse dorpe naby die kus, moes inderhaas  ontruim word.

Die brandbestryders veg om minstens die 20 grootste bosbrande geblus te kry, maar in totaal is daar meer as 60 verskillende brande wat oor ʼn gebied van 17 provinsies woed.

Teen gistermiddag kon die woordvoerder van die regering nie een gebied uitsonder waar die brande onder beheer is nie, en alhoewel die brandweer werkers onophoudelik veg teen die vernietigende vlamme, word die taak al moeiliker weens die uitgestrekte gebied en die geweldige hitte.