Vlamme bedreig Turkse kragsentrale

Turkse werkers moes die kragstasie verlaat nadat die water verkoeling stelsel se tenks verwyder moes word en die brandbestryders se gesukkel om die vlamme te blus van die ergste bosbrand wat die land nog gehad het.

Die vlamme het so na aan die kragstasie gekom dat die hekke by die ingang warm geword het en met moeite oopgemaak kon word.

 Die kragstasie wat na aan die kus van Aegean gelee is, is so erg deur die vlamme bedreig dat woordvoerders beweer die vuur het die struktuur beskadig.

 Die Turkse nuusagentskap berig dat brandbestryders, polisiebeamptes en werkers van die kragstasie moes inderhaas wegvlug om nie deur die vlamme gedood te word wat toe reeds tot in die perseel van die kragsentrale gekom het.

Groot kommer het ontstaan dat die kragsentrale wat met steenkool en brandstof werk om elektrisiteit op te wek, aan die brand kon slaan, selfs van die hitte wat die bosbrand veroorsaak.

Brandbestryders sê die span sou wel daarin kon slaag om die vuur te blus, maar die sterk wind het die vuur al gevaarliker gemaak en hulle moes later vlug om nie in die vlamme te beland nie.