Virus kan lang nagevolge veroorsaak

Pasiënte wat gehospitaliseer was, of tuis vir erge siekte toestand gebly het weens infeksie deur die koronavirus, kan tot meer as ʼn jaar sukkel om die simptome afgeskud te kry.

Navorsing het getoon dat daar mense is wat in hospitale opgeneem is vir behandeling, het wel genees, maar die verlammende simptome het nie gewyk nie.

Die patoloë by Lancet noem die situasie die “lang Covid” omdat die simptome “moderne mediese uitdaging” geword het.

Een van die mees omvangryke studies wat onderneem is oor Lang Covid het bevind dat van die pasiënte bly geaffekteer te wees met van die simptome.  

Die simptome wissel van persoon tot persoon, maar die mees algemene is dat pasiente kla oor hulle kortasem is en soms vir langer as ʼn jaar sukkel om te herstel daarvan, terwyl gevalle aangemeld is van mense wie se smaak en reuk nie herstel nie.

Sommige mense kla dat hulle nie herstel van die lusteloosheid wat opgedoen is tydens die infeksie tydperk nie, end at die gebruik van energie drankies nie regtig bydrae tot die herstel proses nie.

Volgens die navorsers het 43% meer vroue as mans die Lang Covid simptome gehad waarmee hulle gesukkel het om af te skud.