Virus: Frankryk keur derde enting goed

Die jongste neiging in Westerse lande, om ook ʼn derde inenting te doen nadat die eerste twee gedoen is, word deur die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) as onnodig beskou solank as wat miljoene mense in arm lande die entstof benodig.

Die ryker lande het egter die afgelope maande reeds begin met die versterker (“booster”) dosis, en in Frankryk is die gebruik deur die regering goedgekeur om persone van ouer as 65 jaar, ook ʼn derde dosis toe te dien.

Die waghond organisasie in Frankryk het die toediening van ʼn derde dosis entstof vir ouer mense bo 65 jaar aanbeveel asook diegene wat ander mediese kwale het wat hulle kan benadeel as hulle slegs twee dosisse gehad het en dan infeksie sou opdoen.

Die bewering word gemaak dat entstof wat met 2 dosisse die pasiënt ʼn 90% immuniteit bied, na die derde dosis ʼn 100% beskerming sal geniet.