Twee Belarus afrigters teruggestuur

Die twee afrigters van Belarus wat betrokke was by die intimidasie van ʼn naelloper, is nou deur die Internasionale Olimpiese Komitee teruggestuur na hulle land.

Die twee het gepoog om Krystsina Tsimanouskaya, die naelloper van Belarus terug te dwing huis toe omdat sy die afrigters van die Belarus span gekritiseer het.

Krystsina Tsimanouskaya is nadat sy geweier het om terug te keer na haar land, deur die Poolse ambassade in Tokio gehuisves en onder veilige bewaking van sekuriteitsbeamptes na Pole geneem waar sy veilig voel.

Die Internasionale Olimpiese Komitee het na hulle ondersoek gedoen het, gesê die twee betrokke afrigters van Belarus het buite hulle magte opgetree en die bedenklike optrede het tot gevolg dat hulle albei versoek is om die Olimpiese Dorpie te verlaat en terug te keer na hulle land.

Die optrede wat die afgelope Vrydag deur die IOK gevolg is, word wyd verwelkom en gesaghebbendes in die sport wêreld het hulle blydskap oor die optrede in die sosiale netwerke laat blyk.