Turkye: Nog brande en nou oorstromings

Die nasionale uitsaaidiens van Turkye sê een persoon is dood aan ʼn hartaanval in die Bartin provinsie en nood-werkers is aan soek na vermiste mense wat deur ongekende vloede veroorsaak is.

Minstens 13 mense het ernstige beserings opgedoen toe ʼn brug inmekaar gestort het en minstens 12 plattelandse dorpe is sonder elektrisiteit, wat klaarblyklik veroorsaak is deur ongekende swaar reën neerslae.

In die Sinop provinsie, ten ooste van Bartin, het woonhuise inmekaar gesak en motors het in strate afgedryf terwyl baie mense op huise se dakke geklim het uit vrees dat hulle deur die water massa weggevoer kon word.

Een van die bekende hospitale moet geheel en al ontruim word en pasiënte is oorgeplaas na veiliger hospitale, terwyl reddingswerkers sukkel om te beweeg weens die watermassa in strate en openbare paaie.

Intussen is berig dat meer as 130 afsonderlike bosbrande steeds voortwoed aan die teenoorgestelde kant vanwaar die oorstromings is.

Minstens twee riviere het hulle walle oorstroom, en motors is saam met ander goedere meegesleur soos “papier speelgoed” terwyl mense moes haas na veiligheid.

Die Verenigde Nasies en wetenskaplikes skryf die rampe toe aan versnelde klimaat veranderings, en waarsku dat sulke  toestande toenemend