Tunisië steeds sonder regering

Tunisië se President Kais Saied, het die land se parlement weer met ʼn verdere tydperk op die ys gesit, maar nou wek dit kommer onder politici dat die optrede van die president die land se demokratiese bestel ondermyn.

Die president het in ʼn verklaring gesê sy optrede is nodig om Tunisië te red van ineenstorting.

Die ontbinding van die parlement het gekom nadat die president eensydig besluit het om die Eerste minister af te dank en daarna is die parlement “tot verdere kennisgewing” ontbind.

Die president het intussen aangekondig dat hy ook die immuniteit van die parlementslede opskort tot verdere kennisgewing, wat daarop dui dat die land se demokratiese bestel in gevaar gekom het.

Eerste Minister Hichem Mechichi is deur die president afgedank, waarna die parlement ontbind is en die parlementslede is nou in afwagting oor wat gaan volg.

Later het die president gesê die premier en sy regering is afgedank weens die swak hantering van die koronavirus pandemie, en moes dit doen om die land van ʼn algehele krisis te red.

Onrustigheid is aan die oplaai in die land omdat die president nie duidelikheid verskaf oor hoe die land vorentoe regeer gaan word nie.