Toyota sny produksie oor onderdele tekort

Die wêreldwye tekort aan rekenaar hardeware skyfies ( chips) het nie net tot gevolg dat die rekenaar bedryf sukkel nie, maar ook die produksie van voertuie word daardeur geraak.

Die Japanese voertuigvervaardiger Toyota is gedwing om sy voertuig produksie te verminder en sekere modelle se produksie selfs tydelik te staak omdat die “skyfies” wat benodig word vir die satelliet navigasie stelsel nie beskikbaar is nie.

Sjina is die enigste land wat die skyfies in groot hoeveelhede vervaardig, en bewerings dat die grondstowwe besonder skaars is, word nie allerweë aanvaar nie.

Die VSA het groot bedrae geld bewillig uit die nasionale begroting om maatskappye aan te spoor om die vervaardiging van skyfies moontlik te maak.

Rekenaar ondernemings sukkel ook om skyfies te bekom wat gebruik word om grafiese beelde te skep, wat veral gewild is onder groot maatskappye en selfs rekenaar speletjies.

Toyota het aangekondig dat hy wêreldwys sy produksie moes inkort met sowat 40% in September wat ook verband hou met die geweldige toename in die nuwe infeksies van die Delta variant wat ondervind word.

Toyota sou oorspronklik sowat 900,000 voertuie in September vervaardig het maar die tekort aan skyfies en die uitwerking van die koronavirus, het die vervaardigings reus verplig om sy visier op 500,000 eenhede te vestig vir die betrokke maand.