Terroriste dood Mali burgerlikes

Wat vermoedelik die djihad terreur bendelede is, het ʼn aanval uitgevoer in die noordelike deel van Mali en meer as 40 burgerlike vermoor asook 12 weermag troepe tydens ʼn geveg.

Woordvoerders sê tussen 40 en 50 burgerlikes het omgekom toe die regeringsmagte in ʼn geveg betrokke was teen die terroriste groep.  Ten minste 12 soldate van die regeringsmagte het gesneuwel en klaarblyklik het die terreur groep weinig verliese gely.

Die gevegte het in die klein dorpies Karou en Ouatagouna plaasgevind wat na aan die grens met Niger geleë is. Regerings woordvoerders sê die terroriste het die dorpies binne gestorm en letterlik almal wat voorgekom het afgemaai sonder om hulle identiteit as terroriste beweging bekend te maak.

Hy sê die terroriste het op motorfietse die dorpies verras deur vinnig in te storm, met wapens op onskuldige mense losgebrand en weer net so vinnig weggery.

Alhoewel regering soldate in die dorpies ontplooi is na die aanvalle, is die kommunikasie stelsel sodanig beskadig deur die terreur groep dat dit die paraatheid van die gemeenskappe benadeel.

Die weermag sê die aanvalle word uitgevoer deur lede van Al-Kaïda en die Islamitiese Staat, en burgerlikes is ongewapen en kan hulleself nie probeer verdedig teen sulke aanvalle nie.