Tenkskip: G7 Lande beskuldig Iran

Die aanval op die Mercer Stream olie tenkskip gedurende verlede week waarin twee persone gedood is op die tenkskip, is klaarblyklik met die geheime ondersteuning van Iran uitgevoer.

Die vaartuig is gekoppel aan ʼn Israelse miljardêr, Eyal Ofer, wat bande het met Tel Aviv, en dit het die aanvanklike vermoede laat ontstaan dat Iran agter die aanval sit.

Die vaartuig was vanaf Tanzanië onderweg na die Verenigde Arabiese Emirate toe ʼn groep mans gepoog het om die tenkskip te kaap.

Die lede van die G7 lande het Maandag die blaam volledig op die skouers van Iran gesit, en daarop bewys dat die aanval ʼn onbetwisbare bewys bevat dat die aanvallers die internasionale wet oortree het. Die bewyse bestaan dat die aanval duidelik die vinger wys na Iran en daar is geen regverdiging vir enige instansie om so ʼn aanval uit te voer nie.

Alhoewel die VSA, Brittanje, Frankryk, Duitsland, Kanada, Italië en Japan die verklaring uitgereik het, maan ontleders dat dit opsigself nie voldoende optrede teen Iran is nie.

Die Minister van Verdediging in Israel, Benny Gantz, het gedreig met militêre optrede teen Iran, maar waarnemers reken dit is slegs dreigemente wat nie realiseer nie aangesien dit die vonk in die kruitvat sal wees vir ʼn wêreldoorlog.