Taliban verstewig magsbasisse

Die Taliban het sy greep op die platteland en in verskeie groot stede van Afghanistan verstewig en telkens die stryd teen die regeringsmagte oorheers, en in die proses meer grondgebied en stedelike gebiede oorgeneem.

Met elke streek wat deur die Taliban verower word, het inwoners in hulle derduisende op die vlug geslaan en hulle eiendom onbeskerm agtergelaat.

Die grootste oorname is in die noorde van Afghanistan, en militêre deskundiges sê die roekelose wyse waarop die rebelle beweging optree word ʼn saak van oorlog misdaad waarvoor hulle later vervolg kan word deur die internasionale howe.

Die stad Farah is die sewende provinsiale hoofstad wat oorgeneem is, en militêre kenners sê dit het reeds so ver ontwikkel dat die regeringsmagte met hulle lafhartige soldate nie die vermoë het om die Taliban te stuit nie.

 ʼn Raadslid van die stad Farah sê die hoofstad van die provinsie is oorgeneem en die rebelle het ook die regering se kantore en die polisie hoofkantoor ingeneem. Na berig word is die Taliban nou in beheer van minstens 9 provinsies en die hoofstede van elkeen.

Die VSA het gesê die wêreld kan hulle gereedmaak dat Afghanistan se regering binne die volgende drie maande tot ʼn val gaan kom.