Afghan: Taliban neem stede oor

Terwyl die wêreld met kommer toekyk hoe die Taliban die een gebied na die ander oorwin en beset in Afghanistan, is daar duidelik ʼn onwilligheid en magteloosheid onder lidlande van die Verenigde nasies om die rebellemagte te keer.

Aanvanklik het die Taliban ooreenkoms aangegaan om nie die groot stede van Afghanistan te probeer beset nie, maar het begin deur 80% van die land se plattelandse gebiede oor te neem.

In ʼn opspraakwekkende aanval, het hy die eerste stad in die suide van die land beset, en nou het sy vegters daarin geslaag om in die noorde, die stad Kunduz, wat die hoofstad van die noordelike provinsie is, oor te neem.

Die oorwinning is ʼn baie ernstige terugslag vir die regeringsmagte, en berigte wat Die Vryburger bereik het, lui dat regeringstroepe lafhartig is en dikwels weghardloop kort voor die geveg teen Taliban vegters begin het.

Die jongste inligting is dat die Taliban die belangrikste regerings geboue in die stad oorgeneem het, en militêre deskundiges sê dit is byna seker dat die Taliban die verkose regering sal omvergooi.

Latere berigte wat ontvang is lui dat die Taliban nou ses provinsiale hoofstede, beheer an dit feitlik ʼn uitgemaakte saak is dat die regering met tyd omver gewerp sal word.