Taliban neem Kaboel seevierend oor

Die Taliban rebelle groep het nadat hy die belangrikste stede ingeneem het, sy vegters om Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, ontplooi, en enkele ure later die stad in beweeg.

Die woordvoerder het gesê die inneem van Kaboel word vreedsaam gedoen om burgerlikes se lewens te spaar, en het die stad binne gegaan om ʼn politieke skikking te bereik van oorname sonder geweld.

Die Taliban het verskeie stede ingeneem sonder gevegte, aangesien sommige stede se leiers glo dat dit beter is om nie in bloedige gevegte betrokke te raak wat honderde burgerlikes en kinders se lewens in gevaar sou stel nie.

Die Taliban het aanvanklik die plattelandse gebiede ingeneem, daarna die een na die ander provinsiale hoofstad, en sal nou uit ʼn posisie van mag kan onderhandel vir ë bloedlose oorname.

Die burgerlikes is bekommerd dat die Taliban weer soos tien jaar gelede, skole sluit vir vroulike studente en gewelddadig optree teen mense wat demokraties verkies is in die verlede, maar die Taliban beweer dat daardie tyd verby is en dat hy vreedsaam wil regeer. Die VSA het talle helikopters en passasiers vliegtuie laat neerstryk om die diplomatieke personeel uit die ambassade te kry. Meer as 5,000 Amerikaanse soldate is na Afghanistan gestuur om toe te sien dat die Amerikaners veilig sal wees om die land per vliegtuig te verlaat

Intussen is berig dat die president van Afghanistan die land uit gevlug het en wys daarop dat die Taliban die stad gewelddadig ingeneem het en nou verantwoordelik is vir die welstand van die land se inwoners.