Taliban bevelvoerder nou diplomaat

Die rebelle beweging, bekend as die Taliban, was nog altyd mense met ʼn afkoms en benadering wat van hulle rebelse stryders maak, en nou is die militêre bevelvoerder ʼn top diplomaat.

So het die mede-stigter van die beweging, Mullah Omar, ook dieselfde eienskappe, wat egter nou ʼn nuwe rol sal vervul saam met die hoofleier, Baibatullah Akhunzada.

Onder die leiding van die twee persone, is baie mense gedood en duisende inwoners van Afghanistan in vrees en armoede weens die onvoorspelbare optrede van die Taliban beweging wat geleidelik gegroei het tot die oorwinnaar in die land.

Dit was die politieke hoof, Mullah Abdul Ghani Baradar, wat ʼn week gelede die Taliban se oorwinning aangekondig het op die land se belangrikste TV kanaal, en daarmee die inwoners van die land in hulle duisende laat vlug het vir veiligheid.

“Ons het onverwags die oorwinning gouer behaal as wat gereken is, en daarom sal ons menslikheid betoon voor Allah”, het die rebel aangekondig.

Westerse leiers, asook die Verenigde Nasies, het in hul verklarings laat blyk dat daar geen vertroue is in die beloftes wat Taliban leiers gemaak het nie.