Sweedse premier bedank voor verkiesing

Die Sweedse Eerste Minister, Stefan Lofven sê hy beoog om te bedank as leier van die Sosiaal Demokrate Party en as premier van die land.

Die aankondiging het as ʼn skok gekom vir ondersteuners wat vroeg in 2022 na die stembus sal gaan.

Die Eerste Minister het gesê hy sal uittree as premier gedurende November vanjaar, en die verandering het Swede se politieke opponenete onkant betrap, maar ook die regerende party sal blitsvinnig ʼn nuwe leier en kandidaat moet aanwys.

Op 3 November hou die regerende partye sy jaarlikse kongres, waartydens ʼn nuwe partyleier aangewys sal word, en die nuwe kandidaat vir die premierskap. Daarna moet die Sweedse parlement die nuwe leier bekragtig in gevolge die Sweedse grondwet.

Premier Lofven het die afgelope sewe jaar die land gelei, en sy opvolger sal waarskynlik ʼn moeilike tyd betree weens die ernstige verdeeldheid onder die party leiers, en die koalisie vennoot van die Groen Party.