Swaar reën sak uit in Noord-Korea

Die swaarste reënbuie wat Noord-Korea nog gehad het in die afgelope dekade, het ernstige vloedskade veroorsaak in die noordelike deel van die skiereiland.

Kim Tok Hun, premier van Noord-Korea, het die vloed geteisterde gebiede in die noordelike streek van die land besoek, en het troepe ontplooi om behulpsaam te wees met reddingswerk.

Die premier het glo opdrag gegee dat vloedskade vergoeding aan die mense gegee moet word, maar ingeligte bronne sê die premier kan hoogstens aanbevelings maak en dit sal waarskynlik tot geen konkrete hulp lei nie.

Die staat se uitsaaidiens het berig dat woonhuise meegesleur is deur die watermassa en in baie gevalle het die vloedwater tot dak hoogte van huise gestyg, en brûe is sodanig beskadig dat dit onherstelbaar is.

Meer as ʼn 1,000 woonhuise moes ontruim word en sowat 5,000 mense is verskuif na veiliger gebiede, terwyl weinig van hulle aardse besittings oorgebly het.