Staat se eie Bank sal kom

Die Suid-Afrikaanse Minister van Finansies, Tito Mboweni, sal volgens finansiele deskundiges, nie ophou tot ʼn staatsbank opgerig is nie.

Die minister is ernstig dat die staat ʼn eie bank moet kry, en planne oor hoe dit gedoen moet word is glo gereed, en aanbevelings sal aan die regering gemaak word om voort te druk met die gedagtes.

Die gedagtes is reeds in plek om African Bank Holdings die voertuig te maak wat ook gebruik kan maak van die geboue om vinnig van die grond af te kom.

Diegene wat ten gunste is van die gedagte glo ook dat die nuwe Bank ʼn deurslaggewende rol kan vervul in die voorsiening en ondersteuning aan besighede en sal glo die finansiële dienste industrie bevoordeel, sê die minister.

Ekonome het kommer uitgespreek oor die nuwe wending wat oor die potensiaal beskik om nog ʼn staat entiteit te word wat nie funksioneel is en net die belastingbetalers se geld gaan opslurp.

African Bank word besit deur die SA Reserwebank, en die Regering Werknemers Pensioen Fonds tesame met ses van die land se grootste kommersiële leners.