Skip byna gekaap in Golf gebied

Die Verenigde Koninkryk se militêre hoofde sê ʼn “potensiële kaping” het plaasgevind toe ʼn vaartuig in die see van die Golf gebied van Oman nie geslaag het nie.

Die kapers se vaartuig het die Asphalt Princess tenkskip verlaat na ʼn onbekende bestemming, en die Britse Vloot het rapporteer dat die poging om die tenkskip te kaap, verby is.

Die Britse Vloot beweer dat die groep mans wat gepoog het om die tenkskip wat onder die Panama vlag vaar, te kaap wel op ʼn stadium op die tenkskip was, maar klaarblyklik het iets skeef gegaan in die kapers se plan, wat hulle laat besluit het om die skip te verlaat en weg te raak.

Die bemanning is ongedeerd maar kommer bestaan dat die roete in die Golf nou te riskant geword het, en nuwe roetes sal oorweeg moet word, wat noodwendig beteken dat lewering van olie vertraag word, en dat die prys daardeur beïnvloed sal word.

Die groep mans het aan boord gegaan van die tenkskip in die Arabiese See wat die kanaal is waar sowat 20% van die wêreld se olie ontgin word.

Klaarblyklik was daar goeie kommunikasie tussen die tenkskip en die Verenigde Arabiese Emirate, wat die kapers laat besef het hulle moet eerder padgee.