Sjina wysig sy geboorte beperkings

Vir dekades lank het die kommunistiese regering in Sjina die geboortes beperk tot slegs een kind per egpaar weens die geweldige vinnige groei van die bevolking.

Sewe jaar gelede het die regering ontdek dat die geboorte beperking gelei het tot ʼn situasie dat die werkende mense verouder, en daar nie genoeg jonger mense is om die werk oor te neem nie.

Die aanwas wette is gewysig sodat paartjies twee kinders mag hè, sodat die probleem wat besig is om te ontwikkel tot ʼn enorme nasionale arbeids-krisis, twee dekades later reggestel sou word.

Die wetenskaplike navorsing het egter getoon dat die aanwas tot 2 kinders per gesin, nie die krisis sal regstel nie, en nou is die wet weer gewysig en mag ouers drie kinders hè.

Kommer bestaan egter dat die drie kinders per gesin verskillende nuwe scenario’s kan skep wat weer nuwe probleme veroorsaak. Skole sal moet vermeerder, ouers kan terugdeins vir meer kinders weens die finansiële implikasies, en die hernude vrees van totale oorbevolking kan die krisis net verander na ʼn nuwe situasie.

Baie egpare is bekommerd dat die dekade lange kommunistiese beheer oor hoe groot ʼn gesin mag wees, ook kan lei tot hoe groot die gesin se belasting aanslag sal wees as hulle meer kinders het.