Sjina stel nuwe reëls vir internet

Kuberkrakers en spioenasie is klaarblyklik van die redes waarom die kommunistiese regering in Sjina besluit het om veel strenger reels neer te lê vir die gebruik van selfone en internet.

Sjina poog ook om met die nuwe reëls ʼn groter houvas te kry in sy beheer van tegnologiese sektore wat moontlik monopolistiese neigings het.

Die Internet maatskappye van die wêreld gebruik algoritmes om te bepaal wat mense se gedrag en voorkeure is, en Sjina het aangekondig dat hy voorlopige riglyne opgestel het om ook die algoritmes van maatskappye te beheer.

Sjina sê die algoritmes mag nie inhoud bevorder wat “gevaarlik is vir die nasionale veiligheid” nie, en ook nie die land se ekonomie en sosiale orde in dispuut bring nie.

Kenners reken die maatreëls stel die regering in staat om op enige persoon se werksaamhede in te gaan wat betrekking het op die digitale stelsels.