Sjina fokus skerp op ruimtevaart

Behalwe vir die dreigende houding wat Sjina openbaar teenoor die selfregerende Taiwan, is die Sjinese se belangrikste fokus nou gerig op die vergroting en uitbouing van sy ruimtevaart program.

Sjinese ruimtevaarders het pas die ruimte ingegaan om byvoegings te maak by sy onlangs gevestigde Tiangong Ruimtestasie wat glo ook met ʼn robotagtige arm verbind word om sekere funksies te verrig.

Dit is die tweede keer dat ʼn ruimte wandeling die afgelope twee maande uitgevoer is, en die staat se TV diens het swaar bystand verleen om die program bekend te stel aan die kykers van die land.

Intensiewe programme word uitgevoer en die Junie aankoms van drie ruimtevaarders by die nuut opgerigte ruimtestasies is volgens waarnemers, ʼn duidelike boodskap dat Sjina ook van plan is om gereed te maak vir ʼn “oorlog in die ruimte”.

Die afgelope week het twee ruimtevaarders, Nie Haisheng en Liu Boming, suksesvol hulle program uitgevoer om die ruimtestasie verder toe te rus met gesofistikeerde toerusting.

ʼn Video opname toon duidelik hoe die twee mense buite die ruimtestasie werksaam is, en slegs beveilig is met ʼn lang tou sodat hulle nie kan weg dryf van die ruimtestasie nie.