Samsung hoof vrygelaat op parool

Die hoof en mede-eienaar van die Suid-Koreaanse maatskappy, Samsung, wat vir omkopery agter tralies gekom het, is die naweek op parool vrygelaat.

Die sakelui en sekere politieke leiers het versoek dat hy op parool vrygelaat word, en die versoeke wat tot die owerheid gerig is, het nie op dowe ore geval nie, en is hy weens uitstekende gedrag, op parool vrygelaat.

Die Samsung hoof, Lee Jae-yong, het sy verskoning aan die bevolking van die land aangebied na sy vrylating, en die verwagting is dat hy binne enkele dae weer sy pos in die reuse maatskappy sal vul soos in die verlede.

Lee word gereken as die 200ste rykste persoon in die wereld volgens Forbes se waarderings agentskap. Sy twee jaar en ses maande in die gevangenis vir die misdaad van korrupsie was ook die oorsaak dat die president  van die land, Park Geun-hye, ook haar amp moes prysgee.

Menige inwoner van die land is van mening dat Lee se “goedbedoelde korrupsie” om ʼn student te laat verder leer, nie so ʼn erge sonde is dat dit gevangenisstraf geregverdig het nie.