Russiese tuig verskuif Internasionale Stasie

Die spanning tussen Amerika en Rusland sal in die komende maande waarskynlik nog verder verhoog nadat die Russiese ruimtestasie Nauka blykbaar die Internasionale Ruimtestasie (ISS) uit sy posisie gestoot het.

Die VSA se Nasa ruimtevaart deskundiges is besig om te probeer bepaal waarom die Nauka stasie die stap geneem het.

Nasa woordvoerder sê “stuwers van die Nauka wetenskap labaratorium het gevuur , en “per ongeluk “die ISS eenkant gedruk”.

Die Russiese wetenskaplike laboratorium het die Internasionale Ruimtevaart Stasie uit sy posisie gedruk nadat ʼn belangrike funksie uitgevoer moes word.

Die “botsing” met die Internasionale Ruimte Stasie het plaasgevind na ʼn agt dae reis van die Russiese lansering van hulle wetenskaplike laboratorium.

Die tegniese span van Nasa sê hulle het “opwindende oomblikke beleef” om die ISS teruggeplaas te kry met sy sewe ruimtevaarders na die oorspronklike posisie wat etlike ure besig gehou het.

Die “ongeluk” het veroorsaak dat die Internasionale Ruimte Stasie 45 grade geskuif het buite sy oorspronklike posisie.