Russiese diplomate moet VSA verlaat

Die Russiese ambassadeur in die VSA sê die diplomate van Rusland se visums verval op 3 September 2021, en die Amerikaanse regering het versoek dat die 24 diplomate die land verlaat wanneer hulle visums verval het.

Die Russiese ambassadeur, Anatoly Antonov, het die inligting vrygestel, en is later deur die Russiese media gedra tot frustrasie van die Russiese President, Vladimir Poetin.

 Die ambassadeur sê daar is Russiese leerlinge in skole wat op ʼn belangrike tydstip van die jaar se werksaamhede is, en dit gaan die kinders ontwrig as hulle nou elders in Rusland sal moet skool toe gaan.

Dit blyk egter dat die Biden owerheid weinig simpatie toon en het in reaksie gesê die ambassade se verduidelikings is nie volledig en akkuraat nie.

Dit is klaarblyklik die eerste keer dat die VSA n ongenaakbare houding inneem teenoor die diplomate van Rusland, en waarnemers sê die pogings om verhoudinge te verbeter, is hiermee weer beskadig.