Russe se gas pyplyn gevaarlike wapen

Tydens die jongste ontmoeting tussen Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland, en die president van die Oekraine, Volodymyr Zelenskyy, die Russiese gas pyplyn na Duitsland die hoof besprekingspunt was, moes Kanselier Merkel ook hoor dat die pyplyn ʼn gevaarlike wapen is.

Die Nord Stream 2 gas pyplyn nader voltooiing en die Oekraine is bekommerd dat sy gereelde toevoer nie afgesny gaan word wanneer die nuwe pyplyn in volle werking is nie.

Die Oekraine maak miljarde euro deur Rusland toe te laat om gas na Europa te laat vloei via die Oekraine, en die moontlikheid bestaan dat hy ʼn groot deel van die inkomste gaan verloor as Nord Stream 2 in werking is.

President Volodymyr Zelenskyy het egter gewaarsku dat die pyplyn tussen Ruslan den Duitsland ʼn “gevaarlike politieke wapen” in Rusland se hand is.

Hy het die opmerking gemaak tydens die gesamentlike perskonferensie in Kiev wat deur die twee leiers gehou is.

Merkel is deur verskeie Westerse staatshoofde gekritiseer oor die nuwe pyplyn wat volgens meningsvormers sal lei tot Duitsland se afhanklikheid van Rusland vir sy energie behoeftes.