Rusland: VSA belegger word gevonnis

Michael Calvey, ʼn Amerikaanse belegger wat daarvan beskuldig is van verduistering, is in ʼn “hoë profiel hofsaak” vyf jaar en ses maande opgeskorte tronkstraf opgelê.

Die hof se beslissing is later as “onbillik” bestempel, en groot sakeondernemings het hulle kommer uitgespreek oor die beslissing, terwyl die beskuldigde sê hy glo die uitspraak sal ander beleggers ontmoedig om in Rusland te belê.

Calvey se Franse sakevennoot, Philippe Delpal, in die beleggings maatskappy Baring Vostok, het ʼn opgeskorte vonnis van vier jaar en ses maande gekry.

Ander Russiese betrokkenes in die firma het ook opgeskorte vonnisse gekry, en het sakelui in Rusland hewig ontstel.

Die hofsaak wat ʼn 12 uur sitting gehad het, was voorblad nuus in die Russiese media, en Calvey sê na afloop van die saak dat die regter het honderde stukke as bewyse voor hom gehad wat aangedui het dat die firma en sy betrokke kollegas almal binne die wet opgetree het in belang van die maatskappy bekend as Vostochny Bank.

Die kern van die aanklag teen die bankier word nie duidelik uiteengesit nie, en regsverteenwoordigers het soms klei getrap om alles te vertolk, het een woordvoerder later gesê.