Rusland moet Taliban oorreed

Wat waarskynlik haar laaste ontmoeting was met die Russiese president, Vladimir Poetin, het die uittredende Bondskanselier van Duitsland, Angela Merkel, gevra dat Rusland moet intree en die Taliban tot insig bring.

Sy vra dat Poetin met die Taliban leier moet kommunikeer van hoe belangrik dit is dat inwoners die land mag verlaat sonder vrees vir vervolging.

Sy het ook ondersteuning gevra van Poetin om die Afghane wat die land wil verlaat, by te staan en te verseker dat hulle nie deur die vegters vervolg word nie.

Rusland en Sjina is waarskynlik die enigste groot moondhede wat ʼn goeie verhouding met die Taliban leiers het, en sal waarskynlik ʼn positiewe bydrae kan lewer om die uittog van Afghane uit die land vreedsaam te laat verloop.

Alhoewel die twee leiers oor talle sake ernstig verskil, het hulle oor die afgelope jare ook op ʼn besondere wyse mekaar ondersteun, en die transaksie tussen die twee lande met die bou van die gas pyplyn na Duitsland, bevestig die verhouding wat bestaan.