Rusland arresteer sy missiel ontwikkelaar

In die onlangse verlede het Rusland glo sy nuwe Zircon hipertoniese kruiser missiel suksesvol getoets, maar die afgelope week het die regering ʼn arrestasie uitgevoer op die direkteur van die navorsing laboratorium.

 Volgens die Russiese owerheid is die arrestasie gedoen weens verraad deur die direkteur.

Die bewering dat die missiel wat hipertoniese vermoë het, beteken dat dit minstens vyf keer vinniger as klank deur die lug trek, en Westerse deskundiges het hulle twyfel of die aanspraak wel bereik is.

Die 73-jarige wetenskaplike,  Alexander Kuranov, word daarvan aangekla dat hy geheime inligting oor sy navorsing aan buitelandse burgers oorhandig het.

Volgens die Russiese wette is verraad soos beweer word in hierdie geval, strafbaar met 12 tot 20 jaar agter tralies.

Hy was tot nou toe die Staat Hipertoniese Stelsel Navorsing Instituut se direkteur in Petersburg, en was ook ten nouste betrokke by die vegvliegtuig ontwikkeling.