Ramaphosa, RET en kabinet skommeling

Wat is die verwantskap tussen Ramaphosa se “veldtog teen korrupsie”, die onlangse kabinet skommeling en Radikale Ekonomiese Transformasie?

Die aanknooppunt lê eendersyds in die jare tagtig en negentig, andersyds in kommunistiese real-politik:

            Ramaphosa, as vakbond veteraan, is in sy diepste wese ʼn Afrika-kommunis.

            (kommunisme, Afrika se mag-is-reg en inherente onderduimsheid vloei saam)

Hy was instrumenteel in sowel die oorname van SA, as in die argitektuur van die institusionele rassisme wat SA kenmerk sedert 1994.

Hy is wel pragmaties – soos Mandela, Mbeki en Manuel – en speel die geo-politieke spel meesterlik.

            (daarom word internasionale bates – vir eers – uitgesluit van onteiening …)

Ramaphosa weet hy moet sy tydberekening reg hou – “RET” skrik beleggers af.

Daarom word allerlei bedrieglike gonswoorde gebruik. 

Daarvoor word steeds gesteun op meelopers in die politieke opposisie banke, media, akademia en burgerlike samelewing.

Nasionale kohesie, opheffing, werkskepping, armoede verligting …

(almal wat so graag in die reënboog-koor sing – alles ter wille van sport)

Ten diepste wil Ramaphosa gesien word as die een wat die “oplossing” aan die kiesers-massa bied – daarom moes hy Ace & kie uitknikker deur hulle (openlike) radikalisme te gebruik as verskoning.

Teen-korrupsie was bloot die gerieflike verskoning – Ramaphosa se eie rekord spreek vanself:

sy betrokkenheid in die hoogste strukture van die ANC vir dekades beteken hy was, is en bly aan stuur van die korrupsie.

Die krisis onder Zuma was nie korrupsie nie – MAAR DAT KORRUPSIE TÉ OPENLIK GERAAK HET.

Verder – soos enige opkomende sterkman – moet hy die kompetiesie uitskakel.

Daarom moes Mboweni – mede-argitek van institusionele rassisme en tans die naaste teenstaander aanvaarbaar in die openbare politiek – moes uitgeskuif word.

            Mboweni was die knaende “stem van redelikheid” in die openbare regering.

“Redelikheid” met sy besliste ANC-bybedoelinge, maar voldoende gebalanseerd om die radikale steunbasis van die ANC – wat Ramaphosa moet en wíl behou – vervreem.

Die keuse van ʼn mede vakbond-veteraan as minister van Finansies – met korrupsie prominent in sy verlede – verseker dat SA se absoluut marginale kans op stabiliteit bes moontlik soos mis voor die son gaan verdwyn.

Nóg staatsdiens salaris-besparings, nóg vermindering aan ander besteding wat die Mboweni-Tesourie minstens voor beplan het, sal nou deurgevoer word.

(lesers sal onthou dat Ramaphosa die mening huldig LP’s kry finansiëel swaar …)

Die keuse om die swakste van die swak kabinetslede te behou en om ander bloot te her-ontplooi, spreek verder van Ramaphosa se ware oneerbare doelwitte:

            Die openlike korrupsie van die Zuma jare moet weer verdoesel word.

Die doel van die kabinet is om die stabiliteit van korrupsie onder Mandela en Mbeki te herstel.        

En dit bevestig dat die werklike regeermag in SA berus by Ramaphosa en sy 5 kollega’s van die ANC uitvoerende komitee.

In die agtergrond werk Ramaphosa se beeld poetsers onverpoosd om hom voor te hou as ʼn “leier met die mondering van Mandela” – maar hulle verswyg die gewelds-kultus van die geharde kommunis.

Die howe beskerm Ramaphosa deur toegang tot bewyse van sy korrupsie te beperk.

En die media en burgerlike “waghonde” Volhard met vals nuus en propaganda ten einde die staats-gesteunde plundering, institusionele rassisme en kwota’s losstaande van meriete as nuwe norme uit te basuin.

In kort:

Ramaphosa orkestreer ʼn drama vir ʼn publiek wat dekades gelede ophou dink het …

Wie voorsien ʼn franse dis op die spyskaart?

Die antwoord bly, soos altýd, selfbeskikking.

Maar ons moet kleiner en selfversorgend dink in die kort-tot-medium termyn, ons bondgenote baie versigtig kies.

Wie eenmaal saam met die ANC gebraai het, of saam gesing het rondom die bosberaad vure, sal ons wéér môre in die rug steek …