President hou Belarus gyselaar

Alexander Lukashenko, die onwettig verkose president van Belarus, het alle politieke en morele legitimiteit verloor, en hou Belarus se inwoners gyselaar.

Dit is die mening van die Minister van Buitelandse sake in Duitsland, en die Europese Unie het ook gedreig dat meer omvangryke sanksies teen die land se regeerders ingestel gaan word.

Minister Heiko Maas sê die kiesers van Belarus word gyselaar gehou, en die wêreld het meegevoel met die demokrate in die land wat alles moontlik gedoen het om die verkiesing vry en regverdig te kry, maar die president tree op soos diktators gewoonlik doen, word gesê.

Minister maas het gewaarsku dat die Europese Unie nie sal toelaat dat die president aanhou om die kiesers te benadeel nie, maar het nie verder uitgebrei oor wat gedoen gaan word behalwe dat sanksies verder toegepas gaan word nie.

Dit is reeds ʼn jaar dat die president in sy nuwe termyn dien waarvan hy beweer dat die kiesers hom met 80% van die stemme gesteun het, terwyl die opposisielede bewyse kon lewer van onregmatigheid in die verkiesing.