Poolse koalisie stort dalk in duie

Die konserwatiewe koalisie regering in Pole is op die rant van uitmekaar val nadat die Eerste Minister, Mateusz Morawiecki, een van sy minister verdryf het.

Die Premier en sy minister het ʼn hewige verskil gehad, wat gaan oor ʼn voorgestelde wetswysiging rakende die media.

Die belangrikheid van eienaarskap in die media  het die populistiese regse deel van die regerende party wat deur die Eerste Minister gelei word, skerp laat veskil met sy minister en het hom uit sy amp onthef, wat groot ontevredenheid veroorsaak het onder kabinetslede wat die minister se standpunt steun.

Die Minister van Ontwikkeling, Jaroslaw Gowin, wat ook die leier van die koalisie vennoot is,  het aan die media gesê sy ontslag beteken inderwaarheid dat die koalisie regering ontbind.

Alhoewel die koalisie regering steeds regeer, is die risiko vir die Eerste Minster dat hy ʼn mosie van wantroue kan verloor.

Gowin se party verteenwoordig 10 setels in die parlement, en indien hulle sou besluit om te onttrek uit die koalisie, sal die premier ʼn wantroue mosie nie oorleef nie.