Polisie word verhinder, sê Kommissaris

Die Nasionale polisie kommissaris, Generaal Khehla Sitole, sê dat polisie word verhinder om behoorlik op te tree, selfs wanneer hulle eie lewens in gevaar is.

Die kommissaris het in die parlement se komitee gepraat en vrae beantwoord waarom die polisie misluk om op te tree teen die plunderaars van twee weke gelede.

Die Kommissaris sê die polisie moes onttrek in sekere gebiede omdat hulle nie toegelaat word om met lewendige ammunisie los te trek op die oortreders nie.

Hy sê al is daar van die plunderaars wat gewapen is, mag daar nie op hulle geskiet word deur die polisie nie, en dikwels moet hulle toekyk wat gebeur, terwyl hulle eie lewens in gevaar is.

Hy sê die huidige wette, asook die menseregte bepalings en die openbare mening maak dit moeilik om misdadigers te stop.

Deskundiges sê egter die polisie word nie toegerus met rubber koeëls of water kanonne nie, maar behoort minstens met rubber knuppels toegerus te wees om misdadigers vas te vat. Die feit dat daar selde ʼn gewapende misdadiger gesien is wat gewapen is, laat ook ernstige vrae wat onbeantwoord bly.

Ernstige vrae bly ook onbeantwoord oor die bewerings dat die polisie in Gauteng reeds voor die tyd ingelig is dat die plunderaars en diewe die gebied gaan besoek.