Pole bou heining teen immigrante

Die Poolse Minister van Verdediging, Marius Blaszczak sê Pole gaan ook ʼn 3 meter hoë staal heining oprig op die grens met Belarus om die onwettige immigrante weg te hou en gaan sy troepe op die grens verdubbel.

Hy het aangedui dat die troepe vermeerder sal word tot 2,000 om te verseker dat die immigrante nie vanaf Belarus na Pole kan beweeg nie.

Die optrede van Pole volg nadat ʼn groot getal immigrante vanaf Belarus se hoofstad na die aangrensende buurlande begin stroom het.

Pole en ander aangrensende lidlande van die Europese Unie soos Litaue het berig dat daar ʼn skerp toename in immigrante getalle is wat oorspronklik uit verskeie ander lande afkomstig is soos uit Afghanistan wat poog om oor die grens van Belarus te kom.

Belarus se President Alexander Lukashenko is wat Pole en ander buurlande aanbetref, besig om die immigrante te gebruik om ʼn “gevorderde oorlog strategie” te ontwikkel.