Pole behoort EU te verlaat

Die Minister van Justisie van Pole, het die Europese Unie beskuldig dat hulle besig is om sommige individuele lande af te pers oor juridiese hervorming.

Die 27 nasies se instelling wat altyd as die “goeie oom” beleef is, was al die tyd maar vals, het die minister gesê.

Minister Zbigniew Ziobro is oortuig daarvan dat Pole nie alle Europese Unie vereistes moet aanvaar nie, en Pole moet sekere eise van die EU laat vaar. As die land aanbly as lid van die Europese Unie behoort hy nie te buig vir elke eis wat die EU stel nie, het hy gesê.

Pole en die Europese Unie se verhouding het die afgelope twee jaar versuur, en die hervorming wat betref die juridise stelsel in die land waarmee die EU verskil, het bygedra tot verdere verslegting in die verhouding.

Die minister sê hy was van die begin gekant teen die “afpersing” wat die EU toepas, end it kan lei daartoe dat Pole ook soos die Verenigde koninkryk, die EU as lid verlaat.

Intussen het die EU bevestig dat Pole tyd gegun word om voor 16 Augustus gehoor te gee aan die opdragte van die Europese Unie om sy juridies wette te hersien, of alternatiewelik dat sekere finansiële boetes opgelê sal word.

Minister Zbigniew Ziobro sê hy is ten gunste van lidmaatskap by die Europese Unie, maar nie ten koste van Pole se eie belange nie.