Poetin open nuwe Kernkrag aanleg

President Vladimir Poetin van Rusland het ʼn aanskoulike wapentuig uitstalling geopen wat vir die algemene publiek oopgestel is, en van die geleentheid is gebruik gemaak om die nuwe kernwapen ontwikkelings aanleg in gebruik te neem.

Die Kremlin het die afgelope paar jaar al skerper gefokus op die modernisering van sy militêre vermoë terwyl die verhouding met Westerse lande versleg.

Die spoggeleentheid is by die Internasionale Militêre Tegniese Forum, net buite Moskou aangebied waar nuwe toerusting en voertuie teenoorgestel is saam met die nuwe kernwapen ontwikkelings aanleg.

 Die jaarlikse tentoonstelling is egter gemik op die leiers van ander lande om hulle belangstelling aan te wakker sodat die wapentuig uiteindelik van die hand gesit kan word.

Een van die buitelandse kopers, Koning Abdullah II, was beïndruk met die wapentuig wat vertoon is en talle bestellings is gedurende die weeklange uitstalling geneem, het die Kremlin later beweer.

Video’s is vertoon van oorlogskepe wat die afgelope twee jaar ontwikkel en gebou is, wat klaarblyklik ook as wapentuig aangebied word.