Peru wys ver linkse premier aan

Die liberale president wat onlangs ingehuldig is as die nuwe staatshoof van Peru het die mees linkse politikus as Eerste Minister aangestel.

Die nuwe Eerste Minister, Guido Bellido, het tevore hom uitgelaat en simpatie betoon met die  guerrilla groep wat die land reeds jare lank teister.

President Pedro Castillo het die Eerste Minister ingesweer op die plek waar Peru sy onafhanklikheid van Spanje gewen het die nuwe premier, wat lid is van die Narsistiese-Lenin Vrye Peru Party verlede Donderdag ingesweer ten aanskoue van talle ondersteuners.

Die nuwe premier het egter ʼn meestersgraad in ekonomie, en het voorheen vir Peru se Openbare Statistiekdiens gewerk. Die premier is ook ʼn verkose lid van die Kongres in Peru, en is op 41-jarige ouderdom minder gewild onder die konserwatiewe inwoners van die land.

Die premier is bekend daarvoor dat hy voorheen sterk opgetree het om Kuba te verdedig en te ondersteun, en is hy deur behoudendes geëtiketteer as ʼn geslypte kommunis.

Die lede van die Peru Kongres moet egter nog bevestig dat hy aanvaar word as premier, alhoewel hy reeds ingesweer is deur die president.