Opposisie wil kaap, sê Belarus president

Die omstrede president van Belarus, wat op kontroversiële wyse herkies is as die land se staatshoof, het die land in chaos gedompel.

 President Alexander Lukashenko hou egter vol daarmee da thy die presidentsverkiesing gewen het met 80% van die stemme op hom verenig, terwyl opposisie party bewyse kon lewer van verkiesings bedrog.

Die president het in ʼn nuwe erklaring gesê die opposisiepartye maak gereed om die regering omver te werp en noem die ʼn “poging om die stelsel te kaap”.

Hy sê die opposisiepartye is kop in een mus met Westerse lande en werk met hulle saam om die mag te bekom met ʼn kaping.

Sedert die president se herverkiesing in 2020 het  die land in politieke onrus verval en weier die grootste opposisieparty om sy verset optogte te staak, ongeag die brutale optrede van die polisie en veiligheidsmagte.

Belarus se President Alexander Lukashenko het die afgelope Maandag weer te velde getrek teen die Westerse lande en die opposisie wat saamwerk om ʼn kaping uit te voer.