Onttrekking uit Afghan was fout

Egon Ramms, die afgetrede vier-ster Duitse generaal, het aan die media gesê hy was verbaas dat die Taliban so vinnig veld gewen het nadat die alliansie van Westerse lande uit Afghanistan onttrek het met hulle soldate.

Hy bevraagteken die optrede wat gevolg is om alle troepe uit die oorlog geteisterde land te onttrek, en betwyfel ook die doeltreffendheid van die regeringsmagte wat teen die Taliban moet veg.

Die voormalige generaal, wat ook bevelvoerder van Navo was in Afghanistan, sê hy is uiters verbaas dat die Taliban so vinnig beheer verkry het oor groot dele van die land, en was ewe verbaas oor die VSA se algehele onttrekking van sy soldate.

Intussen is berig dat die Taliban ook die derde grootste stad in die land oorgeneem, wat Duitsland laat besluit het om al sy belange te onttrek indien die Taliban beheer kry oor Afghanistan.

Die nuwe hoof van die regeringsmagte in Afghanistan het op die sosiale netwerk ʼn oproep gedoen dat die land se burgers nou vrywillig moet aansluit as soldate ten einde te voorkom dat die regering die mag verloor.

Die VSA en die Verenigde Koninkryk het albei verklaar dat hulle diplomatieke personeel uit die land onttrek word ter wille van hulle veiligheid. Brittanje oorweeg dit om troepe na Afghanistan te stuur om die terugkeer van sy diplomatieke personeel te beveilig.