Nuwe planne nodig om Afghane te bevry

Duitsland en Frankryk, asook ander Navo lidlande is hard aan die werk om maniere te vind hoe om die Afghane uit Kaboel te kry na 31 Augustus.

Die Taliban het die Amerikaners se versoek om meer tyd toe te laat vir die verwydering van hulle landgenote, summier van die hand gewys en gesê die ooreenkoms is dat die VSA op daardie dag sy laaste mense uit die land sal neem.

Daar is egter honderde Afghane wat ook die land wil verlaat, en hulle gesinslede saam te neem, wat veroorsaak het dat daar veel meer mense is wat wag om na die Weste te gaan.

Europese lande het meer tyd nodig, en maak nou planne hoe om die Taliban te oorreed om meer tyd af te staan.

Die rebelle beweging het egter gewaarsku dat enige poging om na die sperdatum nog mense te wil bevry, “ernstige gevolge sal inhou”.

Intussen het Rusland sy kommer uitgespreek oor die moontlikheid dat burgeroorlog kan uitbreek in Afghanistan, wat veel hewiger sal wees as wat tot nou ondervind is.