Nigerië: Dosyne ontvoerde kinders vrygelaat

Die gewapende ontvoerders in Nigerië het die oorblywende aantal jong kinders wat in aanhouding was, onverwags vrygelaat.

Die Islamitiese ontvoerders het volgens die regering se woordvoerder meer as 100 kinders vrygelaat in die noordwestelike deel van die Niger Staat.

Die kinders wat drie maande gelede ontvoer is vanaf die skool na ʼn onbekende plek, is glo die laaste klomp van ʼn hele aantal kinders wat deur die magte ontvoer en later losgelaat is.

Die swaar gewapende ontvoerders het 138 mense in Mei vanjaar ontvoer, wat deel was van ʼn hele aantal ander voorvalle waartydens kinders ontvoer is.

Ses van die ontvoerde kinders is dood terwyl hulle aangehou is, en 15 het daarin geslaag om te ontsnap, maar nou is die res onverwags vrygelaat.

Die vermoede bestaan dat die regering ʼn bedrag as losprys betaal het, maar verkies om niks daarvan bekend te maak nie.