Niger: Skieters dood dosyne mense

Die grens tussen Mali en Niger het in ʼn bloedbad verander toe ʼn gewapende mans minstens 14 kinders doodgeskiet het wat beskryf is as ʼn aanval “wat op alles geskiet het wat beweeg”.

Die aanvallers het aanhoudend geskiet op mense in die dorpie wat na aan die grens na Mali geleë is, en is ʼn totaal van 37 burgerlikes gedood, insluitende die 14 kinders, waarna die aanvallers in die niet verdwyn het.

Die Westelike Niger is berug vir die geweld wat daar heers, en aanvalle op kleiner dorpe is nie ʼn vreemde verskynsel nie, maar inwoners sê dit is aan die toeneem en die terroriste dood al meer mense tydens sulke aanvalle.

Die terroriste het op motorfietse by die dorpie opgedaag en die nuuskierige mense wat wou sien wat gaande is, het toe die slagoffers geword in die aanval wat gevolg het.