Nicaragua roep ambassadeurs terug

Die regering van Nicaragua het die ambassadeurs van Argentinië, Costa Rica, Mexiko en Colombia teruggeroep met die verduideliking dat noodsaaklike “konsultasie” gevoer moet word.

Die omstrede president, Daniel Ortega, en sy vrou, Rosario Murillo, wat Visepresident is, is glo besig met vreemde handelinge ten einde die komende presidentsverkiesing te wen.

Die Europese Unie het verlede week nuwe sanksies ingestel teen Nicaragua nadat vasgestel is dat die “opposisie party geëlimineer is”.

Die spanning tussen die land se regering en die vier lande wie se ambassadeurs teruggeroep is, volg nadat aangekondig is dat die presidentsverkiesing in November gehou word, en die lande vroeër hulle ambassadeurs onttrek het uit Nicaragua om te protesteer teen die onderdrukking van teenstanders.

Die president het die optrede van die vier Suid-Amerikaanse state skerp veroordeel en gesê dit is onaanvaarbare handelinge, maar het nou sy ambassadeurs uit die lande onttrek.

Politieke ontleders sê die November presidentsverkiesings sal weer nie vry en regverdig wees nie.