New York goewerneur moet bedank

Pres. Biden

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het hom aangesluit by die uitspraak van leiersfigure in die Demokratiese Party wat die goewerneur van New York versoek het om nou te bedank.

Die versoeke kom nadat bevestiging glo ontvang is dat die goewerneur hom skuldig gemaak het aan seks vergrype met verskeie vroue.

Die goewerneur, Andrew Cuomo moet nou bedank nadat ʼn onafhanklike ondersoek die span tot die gevolgtrekking gebring het dat hy talle vroue molesteer het.

Die goewerneur is tevore geloof vir sy vroegtydige optrede teen die koronavirus pandemie, maar het die beskuldigings wat teen hom ingebring is, een na die ander verwerp.

Hy het nog ʼn stewige posisie as goewerneur behou, maar ingeligte bronne beweer dat hy aansienlik minder selfvertroue gewys het nadat die president hom ook versoek het om sy bedanking in te handig.

Politieke ontleders sê die goewerneur se situasie het ʼn groot verleentheid vir die Demokrate geword, en word deur die linkse media verswyg in ʼn poging om nie verdere skade teen die party aan te rig nie.