Neo-rassisme en akademiese bedrog

ʼn Onlangse boekbekendstelling lyk op die oog af min aandag te trek.

Deels weens beheptheid met Covid, deels omdat die Zuma-staatsgreep drama die nuus oorheers het.

Die boek van Sizwe Mpofu-Walsh, “The new apartheid”, verdien egter ons ernstige aandag.

Die tesis is kortliks ʼn kwasi-akademiese poging om die mislukking van die Mandela-de Klerk reënboog voor die deur van “geprivatiseerde apartheid” te lê.

Dit is niks minder nie as akademiese bedrog, ʼn berekende misleiding om die kultus van swart slagofferskap uit populisme te verhef tot sosiale wetenskap nie.

Die aandadigheid van akademia aan intellektuele bedrog is ongelukkig niks nuut nie.

Liberale universiteote was die destydse bakermat van rewolusie, nou is hul ʼn integrale deel van die akademiese bedrog om rewolusionêre mislukking – voorspelbaar deur intelligente mense – toe te smeer.

SA is reeds die enkel mees rassistiese staat in die geskiedenis van die wêreld:

Rasse-diskriminasie teen minder as 5% word grondwetlik verskans.

            Dit word verskans op grond van ʼn valse grondwetlike aanhef.

Letterlik eeue se opheffings-werk is verwoes deur kommunistiese aanstigters tussen die jare 50 en 90 van die vorige eeu.

En die blaam vir die gevolglike armoede, agterstande en onvermoë van die aanstigters en hul ondersteuners word nou voor die deur gelê van diegene wat hul mede-landgenote opgehef het op eie onkoste, met eie moeite en middele.

Hierdie goedgunstigheid word nou in opnuut in beskuldigdebank geplaas.

Nie net word ons geskiedenis bedrieglik herskryf nie, maar ook die groteske mislukking van meerderheids-regering in SA word nou voor die deur gelê van die grondwetlik gemarginaliseerde minderheid.

            Die rede is steeds afguns.

Want nieteenstaande institusionele rassisme teen ons volk, nieteenstaande elke denkbare bevoordeling van die meerderheid, misluk daardie meerderheid!

Weens onvermoe?  Weens korrupsie?

Die rede is in wese irrelevant –

die feite is dat ons volk, soos telkens deur ons geskiedenis, opstaan en herbou;

wat die haat van die meerderheid opnuut aanblaas.

getrou aan hul haatdraende afguns, soek hulle wéér die rede vir hernieude mislukking buite hulleself.

EN WÉÉR MOET IEMAND ANDERS DAARVOOR BETAAL!

Die doel is waarskynlik die regverdiging van hernieude restitusie, verhoogde plundery by wyse van “gratis” dienste, “toelaes” vir diegene te onopleibaar.

Ons moet hierdie bedrieglike aanslag ook verstaan teen agtergrond van die algemene leuns van die ANC én hul meelopers in die vakbinde en gemeenskaps-organisasies.

Na dekades word volgehou met die leuen van sogenaamde “swart armoede”.

Gemeet aan die omvang van politieke- en staatsdiens korrupsie in SA, is die énigste rede vir armoede sogenaamde “demokrasie”.

Hierdie verskansing van institusionele restitusie, deur selektiewe belasting, transformerende diskriminasie en regerings-onreg is ʼn poging om dieselfde diskriminerende dekrete wat miljoene van ons mense sedert April 2020 van hulp ontneem, terwyl ons besighede en beroepe verwoes word, permanent te maak.

Terwyl dit veral hierdie onregte legitimiseer in die resente geheue van die samelewing.

Sodat die nuwe geslag jongmense – wie se toekoms en geleenthede inderdaad gesteel word deur hul maghebbers en ouers, te radikaliseer teen die Afrikaner.

Die suggestie dat die grondwet aan voortdurende verandering onderworpe behoort te wees, is bloot ʼn meganisme om telkens die narratief te verander – want élke geslag van ʼn onproduktiewe nasie sal uiteindelik misluk, omdat minder en minder gewillig sal wees om te werk sonder dat hul die vrug van hul werk kan geniet.

Hierdie strewe na ʼn permanente restitusie-kultuur waarbinne alles op sogenaamde sosiale regverdigheid afgestem moet word, waar persoonlike verantwoordelikheid van die meerderheid altyd as blaam na ander verplaas moet word, moet dus met alles in ons volks-vermoë teengestaan word. 

Ons moet die daadwerklike implikasies hiervan besef vir ons dag-tot-dag lewe en vir ons strewe na herstel van regverdigheid en volksvryheid, die toekoms van óns kinders.     

Ons moet dit doen tot uitsluiting van die ondankbare, plunderende meerderheid!

Want óns kinders word geen ruimte gegun nie – selfbehoud is dus volks-selfverdediging!