Navalny se gesin bring besoeke

Met die dae wat besoekers toegelaat word om hulle mense in die tronk te sien, het die vrou van Alexei Navalny en die gesin opgedaag met geregte waarvan hy baie hou.

Yulia Navalny en die twee tiener kinders het weer soos elke ander geleentheid, hulle solidariteit bewys met die gesinshoof wat onregmatig opgesluit is omdat hy as bedreiging gesien word vir die president in die volgende verkiesing van Rusland.

Die gesin het die reg om vir drie dae besoek te bring, en sy vrou het ʼn groot pot met heerlike geregte gemaak wat hulle oor die daaropvolgende drie dae saam kan geniet.

Sy het die besoek van drie dae met Alexei se ondersteuners gedeel deur volledig te berig oor sy omstandighede, en het dit alles op die sosiale netwerk geplaas en daarmee wye reaksie van ondersteuners ontlok.

Navalny is twee jaar gelede vergiftig en is deur die vinnige optrede van Duitsland, na die beste hospitaal in Berlyn geneem waar hy maande lank behandel is teen die ernstige vergiftiging wat soveel ander Russiese skrywers en joernaliste se dood veroorsaak het.

By sy terugkeer na Rusland is hy deur die polisie gearresteer vir sogenaamde wette wat oortree is, maar politieke ontleders het daarop gewys dat dit Moskou se metode is om die opponent van Poetin te elimineer om nie te kan deelneem aan die volgende verkiesing nie.

Alexei Navalny is die grootste politieke kritikus van president Vladimir Poetin en sy regering, en is deur sy ondersteuners gesien as die volgende president van Rusland.