Moskou lê nog klagtes teen Navalny

Die kritikus van die Kremlin, Alexei Navalny, staar nou nog kriminele klagtes in die gesig dat hy glo besig was om ʼn organisasie te vestig wat Russiese inwoners aanhits om die landswette te oortree.

Die Russiese Ondersoek Komitee wat die ondersoek doen op belangrike kriminele oortredings is gemoeid met die klagtes teen die opposisie leier wat tans tronkstraf van 30 maande uitdien.

Politieke ontleders in Europa sê die Kremlin maak seker dat Navalny nie weer as opponent in ë verkiesing sal deelneem nie, en bewerings word gemaak dat die aanklagte gefabriseer word om hom agter tralies te hou.

Intussen is sy broer ook gearresteer vir oortredings en sal glo eersdaags in die hof verskyn.

Die Ondersoek Komitee sê in sy verklaring dat Alexei Navalny en sy aliansie gebruik sy “Anti-Korrupsie Stigting” om Russiese inwoners aan te hits tot wetsoortreding en om openbare protes optogte te hou.