Minderhede

Dit was een van Suid-Afrika se sterk volksleiers wat die wysheid oorgedra het aan die volk in sy waarskuwing oor die politieke toekoms van die land:

ʼn Klein minderheid Westerlinge is nie in staat om die massa inheemse volke op te hef tot Westerse beskawingspeile nie. Die massa trek die klein minderheidsgroep af na sy vlak….

As Westerlinge die waarheid ter harte geneem het, sou die NEE-stem beslis gewen het, maar dit is afgemaak as regse paniek.

Nou is daardie klein minderheidsgroep Westerlinge almal gebelgd oor die koers wat tans ingeslaan word deur die regering waarvoor hierdie klein minderheid JA gestem het.

Eienaardig genoeg, is dit juis die klomp wat die FW de Klerk beloftes geglo het, wat vandag die skerpste reageer oor die onreg wat v eral Afrikaners moet deurmaak.

Wat deesdae met skok aangehoor word, soos die meer as 60 moorde per dag en die honderde verkragtings, is maar twee dinge wat deur die sogenaamde regses voorspel en voorsien is vir die land. Selfs die ver-linkse joernaliste, soos Du Preez en andere, kan nie genoeg gal braak oor wat die regering verkeerd doen nie.

Die berigte dat daar duisende skoolkinders is wat infeksie opgedoen het van die koronavirus, is verontrustend, maar nie onverwags nie. Die kinders in CVO-skole is veel veiliger wat dit aanbetref, nie oor enige iets anders as dat behoorlike dissipline toegepas word wat almal tot voordeel strek.

Hoe lank sal dit neem om hierdie volk tot besinning te bring dat die volkseie opvoeding die enigste ware metode is om geleerdheid te bekom wat van uitnemendheid getuig?

Dit is juis die minderheid wat dikwels die koers aandui, en CVO-skole vorm ook ʼn minderheid binne ons eie volk.