Mianmar weermag dood honderde mense

Na sewe maande van diktatorskap deur Weermag offisiere in Mianmar, het die veiligheidsmagte meer as ʼn 1,000 mense om die lewe gebring in ʼn roekelose poging om beheer te behou as regeerders.

Die optrede teen die burgerlikes wat geprotesteer het teen die offisiere wat ʼn staatsgreep uitgevoer en die verkose premier agter tralies gestop het, is op wrede wyse onderdruk en dikwels gedood.

Die navorsing wat deur die Politieke Gevangenisse Assosiasie gedoen is, bevestig dat aktiviste groepe nie net gearresteer is nie, maar in die meeste gevalle gedood is.

 Die verslag toon ook dat die offisiere nie onderskeid getref het teenoor vroue, minderjarige kinders, sosiale stand, of etniese en geloofsverband nie.

Die Militêre Juta ontken egter al die beskuldigings wat deur menseregte groepe gemaak word, maar het wel teenoor die Verenigde Nasies erken dat 248 mense tydens verskillende voorvalle gedood is.