Merkel kap Belarus president oor vlugtelinge

Belarus president

Die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, het die president van Belarus en sy regering daarvan beskuldig dat hy vlugtelinge gebruik om die “veiligheid te ondermyn”.

Merkel se opmerkings het gekom terwyl die Taliban die mag oorgeneem het in Afghanistan en menige Afghaanse inwoners na naburige lande uitgewyk het.

Benewens die derduisende Afghaanse vlugtelinge wat in Litaue by ʼn vlugtelinge sentrum is,  het baie ook oor die grens na Belarus gevlug om onder die tirannie van die Taliban weg te kom.

Kanselier Merkel het die optrede van Belarus skerp veroordeel en President Alexander Lukashenko vir die misbruik van vlugtelinge as ʼn manier om druk te prober uitoefen op die Europese Unie.

Intussen het die Eerste Minister van Estland sy hulp verleen aan Litaue om die duisende vlugtelinge uit Afghanistan te akkommodeer nadat Kanselier Merkel gevra het vir hulp om te verseker dat vlugtelinge nie aan hulle eie genade oorgelaat moet word nie.

Die EU het ook beswaar gemaak nadat vasgestel is dat Belarus op onwettige wyse die vlugtelinge oor die grens na ander lande dryf sonder enige goedkeurings.