Meksiko beskuldig VSA van wapensmokkelary

Meksiko beskuldig die wapen vervaardigers in die VSA daarvan dat hulle wapensmokkelary bevorder deur wapen smokkelaars te fasiliteer en daarmee bloedvergieting aanwakker.

Meksiko sê die dwelmmiddel kartel bring Amerikaanse gewere oor die grens na Meksiko waar die geweld aangewakker word, en die Amerikaanse maatskappye is ten volle bewus daarvan.

Die regering van President Andres Manuel Lopez Obrador het nou die ongewone stap geneem en dokumente aan die hof geliasseer teen die groot wapen vervaardigers in die VSA, en die optrede is gevolg by die Amerikaanse federale Distrik Hof in Boston.

Meksiko het die afgelope jare ʼn skerp styging g in gewapende misdaad ondervind, en eis nou vergoeding vir skade wat beraam word op sowat $10 miljard, het een van die Meksikaanse woordvoerders gesê.